If you continue to work and absorb the beauty in the world around you, you will find that old age does not necessarily mean getting old. – Pablo Casals
Oor Ons
Op die N5, slegs 70 km vanaf Bethlehem, vind jy Senekal waar breë strate, ’n plattelandse gevoel en blou lug jou verwelkom. By Senekal se Sorgsentrum vir Bejaardes word inwoners met liefde en respek versorg. 72 verswakte bejaardes woon hier in ’n verskeidenheid verblyfopsies. Die sentrum is ook in 2021 geregistreer vir die versorging van persone onder 60 jaar met intellektuele gestremdhede. Daar is ook ’n Dienssentrum, Glimlag, asook sub-ekonomiese en deeltitelwoonstelle beskikbaar.
Akkommodasie
Versorging vir Verswakte en Gestremde persone
Hier word 24-uur versorging gebied aan verswakte bejaardes, bedlêende inwoners of persone wat rolstoelgebonde is.
6 x Woonstelle
Hierdie woonstelle is ideaal vir paartjies en is ook troeteldiervriendelik.
Enkel- en dubbelkamers
Akkommodasie vir tot 72 persone. Sommige kamers beskik oor hul eie toiletgeriewe of storte, terwyl ander kamers gedeelde badkamergeriewe het.
5 x Luukse kamers
Privaat kamers met en suite-badkamers en ’n kombuisie.
Sub-ekonomies
24 x Enkelwoonstelle
Hierdie woonstelle is beskikbaar vir bejaardes volgens hul maandelikse inkomste. Een van die woonstelle is geskik vir ’n bejaarde paartjie.
Versorging vir verswakte en gestremde persone
51 x Twee- en drieslaapkamerwoonstelle
Die sentrum beskik oor ’n deeltitelskema wat deur ’n trustee en bestuursagent bestuur en beheer word volgens die Deeltitelwet. Alle dienste is beskikbaar soos hierbo vermeld.
Dienste
Kontak ons
Tel: 058 481 3361
E-pos: ssvbsenekal@yahoo.com
Engo Sentrum vir Bejaarde Persone
Ds. Olivierstraat
SENEKAL
9600
