Die Vrystaat Kinder- en Jeugsorgsentrums (VKJSS) bied voltydse sorg en ondersteuning aan 724 kinders in 32 Kinder- en Jeugsorgsentrums wat in verskeie dorpe regoor die Vrystaat geleë is. Hierdie kinders is in die sentrums geplaas ingevolge die leiding en bevele van die Kinderhof.
Klik asseblief hier vir die toelatingsvorm vir kinders wat by ’n Engo Kinder- en Jeugsorgsentrum opgeneem moet word. Hierdie vorm moet deur ’n maatskaplike werker voltooi word.
Word ’n Vrywilliger by Engo se Kinder- en Jeugsorgsentrums – klik hier om meer uit te vind
Dumisani Kinder- en Jeugsorgsentrum
Vrede Kinder- en Jeugsorgsentrum
Lefika Kinder- en Jeugsorgsentrum
Charlotte Theron Kinder- en Jeugsorgsentrum
David's Place Kinder- en Jeugsorgsentrum
Gedenk Kinder- en Jeugsorgsentrum
Hlohloloane Kinder- en Jeugsorgsentrum
Marquard Kinder- en Jeugsorgsentrum
Senekal Kinder- en Jeugsorgsentrum
Ringerstraat Kinder- en Jeugsorgsentrum
Sasolburg Kinder- en Jeugsorgsentrum (Seuns en Dogters)
Presidentia Kinder- en Jeugsorgsentrum
Viljoenskroon Kinder- en Jeugsorgsentrum
Nala re Thabile Kinder- en Jeugsorgsentrum
Winburg Kinder- en Jeugsorgsentrum
Thusano Kinder- en Jeugsorgsentrum
Maanblom Kinder- en Jeugsorgsentrum
Welkom Kinder- en Jeugsorgsentrum
Merafong Kinder- en Jeugsorgsentrum
Welriedal Kinder- en Jeugsorgsentrum (Seuns en Dogters)
Gladstoneweg Kinder- en Jeugsorgsentrum
Tshepang Kinder- en Jeugsorgsentrum
Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum
Carpe Diem Kinder- en Jeugsorgsentrum
Gardenia Kinder- en Jeugsorgsentrum
Esperanza Kinder- en Jeugsorgsentrum
Letsemeng Kinder- en Jeugsorgsentrum

Carpe Diem Kinder- en Jeugsorgsentrum

Charlotte Theron Kinder- en Jeugsorgsentrum

David's Place Kinder- en Jeugsorgsentrum

Dumisani Kinder- en Jeugsorgsentrum

Eikelaan Kinder- en Jeugsorgsentrum

Esperanza Kinder- en Jeugsorgsentrum

Gardenia Kinder- en Jeugsorgsentrum

Gedenk Kinder- en Jeugsorgsentrum

Gladstoneweg Kinder- en Jeugsorgsentrum

Hlohloane Kinder- en Jeugsorgsentrum

Huis Amor Kinder- en Jeugsorgsentrum

House of Compassion Kinder- en Jeugsorgsentrum

Lefika Kinder- en Jeugsorgsentrum

Letsemeng Kinder- en Jeugsorgsentrum

Maanblom Kinder- en Jeugsorgsentrum

Marquard Kinder- en Jeugsorgsentrum

Merafong Kinder- en Jeugsorgsentrum

Nala Re Thabile Kinder- en Jeugsorgsentrum

Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum

Presidentia Kinder- en Jeugsorgsentrum

Ringer Straat Kinder- en Jeugsorgsentrum

Sasolburg Kinder- en Jeugsorgsentrum

Senekal Kinder- en Jeugsorgsentrum

Thusano Kinder- en Jeugsorgsentrum

Tshepang Kinder- en Jeugsorgsentrum

Viljoenskroon Kinder- en Jeugsorgsentrum

Vrede Kinder- en Jeugsorgsentrum

Welkom Kinder- en Jeugsorgsentrum

Welriedal Kinder- en Jeugsorgsentrum

Winburg Kinder- en Jeugsorgsentrum
32
Kinder- en Jeugsorgsentrums
886
Die totale aantal kinders het versorging ontvang het in Kinder- en Jeugsorgsentrums
995
Vervoer is aan kinders voorsien is na vakansiebestemmings
807
Kospakkies is aan kinders voorsien is tydens vakansiebesoeke
Carpe Diem Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die inisiatief vir die stigting van hierdie Kinder- en Jeugsorgsentrum is geneem deur die predikante van Universitas-Wes NG Kerk. Ds Petrus Kühne en ds Stefan Stassen het op 22 Mei 2003 vir die eerste verkennende gesprek met mev Magda van Niekerk ontmoet. In dieselfde maand het die verkoop van ’n gedeelte van die perseel van Ons Kinderhuis daartoe gelei dat tydelike verblyf vir 12 kinders benodig is. ’n Eiendom van mnr Das van Deventer in De Bruynstraat 52, Universitas-Wes is vir dié doel gehuur.
Op 9 Oktober 2003 is ’n aksiekomitee verkies om die sentrum te stig, met ds. Petrus Kühne as voorsitter mev Wilma Henning het ook ’n sleutelrol gespeel. Die genoemde eiendom is deur NG Welsyn aangekoop en die naam “Carpe Diem”, wat beteken “Pluk die dag”, is gekies.
Ligging
De Bruynstraat 52, Universitas, Bloemfontein.
Kinders
Die Kinder- en Jeugsorgsentrum is geregistreer om 12 seuns van alle ouderdomme te versorg, hoofsaaklik Afrikaanssprekend. Die kinders verteenwoordig wit, bruin en swart bevolkingsgroepe. In 2014 het die behoefte ontstaan aan ’n huis spesifiek vir seuns en die sentrum is toe in ’n seunshuis omskep.
Charlotte Theron Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Tydens die Anglo-Boereoorlog het Charlotte Theron, die vrou van die eerste NG Kerk-predikant van Bethlehem, begin om weeskinders in die pastorie te versorg. Toe daar te veel kinders was, is ’n sinkgebou langs die pastorie skoongemaak vir die 43 kinders waarvoor hulle moes sorg. Sy het eendag gesê: “Iemand het vir my ’n bok gebring en iemand anders ’n sak meel – nou begin ek ’n weeshuis.” So het die weeshuis in 1903 ontstaan.
Die sentrum bestaan uit 9 wooneenhede:
- Lentehof
- Pikkewyn
- Eikehof
- Esterhof
- Nonnashof
- Jania
- Dennekruin
- Jakaranda
- Karee
Ligging
Wesselstraat 46, Bethlehem.
Kinders
Daar is afsonderlike wooneenhede vir seuns en dogters, sowel as drie Sotho-huise. Elke wooneenheid het sy eie kinder- en jeugsorgwerker en funksioneer onafhanklik – soos ’n groot huishouding. Die sentrum versorg tans 123 behoeftige kinders van alle kulture. Die kinders is tussen 0 en 18 jaar oud (of totdat hulle hul skoolopleiding voltooi het). Charlotte Theron Kinder- en Jeugsorgsentrum staan steeds sterk met hul leuse: “Die Here sal voorsien.”
David’s Place Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die sentrum is gevestig op inisiatief van Pastoor Craige Harvey van die New Covenant Church. Hy was ’n leier in die gemeenskap van Ficksburg en Meqheleng. Gedurende hierdie tyd is weeskinders informeel versorg, sonder enige subsidie van die regering. Die eerste gemeenskapsvergadering het op 2 Februarie 2005 plaasgevind. ’n Bestuurskomitee is saamgestel en Pastoor Harvey is as voorsitter verkies, met mnr Eddie Nthinya as ondervoorsitter. Die Sentrum en is aangekoop deur NG Welsyn deur middel van dr Jack Amour en sy vrou vir R90 000,00.
Ligging
De Villiersstraat 9, Ficksburg.
Kinders
Die sentrum is geregistreer om 12 kinders in nood van versorging te huisves. Sowat seuns as dogters word by die sentrum versorg. Al die kinders is Sesotho-sprekend.
Dumisani Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Dr Gert Maritz, ’n gemeenskapsdokter in Memel, is daagliks gekonfronteer met die behoeftes van kinders in die Zamani-gemeenskap. Hy het die impak van MIV/VIGS besef en begin ondersoek instel na maniere om hierdie kinders by te staan.
’n Afspraak is gemaak met die Direkteur van Vrystaat Kinder- en Jeugsorgsentrums op 7 November 2003. Amos Agrimen, ’n beweging wat die Woord van God op plase versprei, het hulp en ondersteuning gebied, saam met dr Ron en Ena Bromley van die Damascus Road Community Church in Maryland, VSA.
’n Stigtingsvergadering is gehou op 14 Mei 2004. Die plaaslike maatskaplike werker van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Mary Masunya, het verduidelik dat daar ’n groot aantal kinders in die gemeenskap is wat versorging benodig. Mnr JW du Toit is as voorsitter verkies, en mev Inea Khumalo as ondervoorsitter. Mev Cilna Maritz het ’n onmisbare rol gespeel.
’n Erf is aangekoop vanaf die Phumelela Munisipaliteit in Zamani, waarop ’n ruim Kinder- en Jeugsorgsentrum gebou is. Die naam “Dumisani” beteken “Loof.”
Ligging
Erf 1308, Zamani, Memel.
Kinders
Dumisani versorg 16 kinders uit Memel en omliggende dorpe soos Vrede, Warden, Harrismith en Frankfort. Die sentrum is geregistreer om 16 kinders, van beide geslagte, te akkommodeer. Weens die plaaslike skole wat slegs in Engels en Zulu onderrig, neem die sentrum meestal Zulu-sprekende kinders in.
Eikelaan Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die dinamiese gemeenskap van Bothaville het ’n interkerklike, multikulturele aksiekomitee gevorm. Die Bothaville Raad van Barmhartigheid het saam met plaaslike rolspelers die behoefte aangespreek aan twee Kinder- en Jeugsorgsentrums — een in Bothaville (Afrikaans) en een in Naledi (Sotho). So is Eikelaan en Nala re Thabile Kinder- en Jeugsorgsentrums tot stand gebring. Die eerste gemeenskapsvergadering het plaasgevind op 30 Mei 2002 onder die voorsitterskap van ds Johan Lessing, Simon Dlamini en Jan Els, met hulp van mev Lettie Ferreira van die Oranje Vrouevereniging (nou Vrystaat Versorging in Aksie). Die huis is uitgebrei en aangepas vir die behoeftes van ’n Kinder- en Jeugsorgsentrum. Die huis is geleë in die stil woonbuurt, Meyerhof, aan die buitewyke van die dorp. Die sentrum het in Januarie 2003 geopen.
Ligging
Eikelaan 18, Bothaville.
Kinders
Die sentrum is geregistreer om 12 kinders, Afrikaanssprekend, seuns en dogters, tussen 0 en 18 jaar oud, te huisves.
Esperanza Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die Uitvoerende Komitee van die kerkraad van die Waterbron NG Kerk, onder leiding van dr Brand Doubell, het op 4 Desember 2002 met die Direkteur van Kinder- en Jeugsorg vergader. Die gemeente het besluit om eienaarskap te neem van ’n Kinder- en Jeugsorgsentrum. NG Welsyn het ’n erf by Scrivenweg, Hartbees, aangekoop vir dié doel. Die President Steyn-skool is binne loopafstand van die sentrum. In 2005 het die aangrensende munisipaliteit van Bainsvlei ook by die projek betrokke geraak.
Ligging
Scrivenlaan 12, Bainsvlei, Bloemfontein.
Kinders
Esperanza versorg 12 kinders, seuns en dogters, hoofsaaklik Afrikaanssprekend. Die kinders is van wit, bruin en swart bevolkingsgroepe. Daar is ook soms ’n baba in die sentrum.
Gardenia Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die sentrum is tot stand gebring deur die inisiatief, motivering en deursettingsvermoë van mev Ansa Coetzee. Sy het vir die eerste keer op 30 Junie 2003 met die Uitvoerende Bestuur vergader. Die eerste vergadering van ’n Aksiekomitee is gehou op 13 Oktober 2003. Mnr Henk van Zyl is as voorsitter verkies. Die NG gemeentes van Gardenia, Hertzogville en Soutpan het eienaarskap van die sentrum aanvaar. NG Welsyn het ’n eiendom by Nerinastraat 68, Gardeniapark aangekoop. Die huis is afgebreek en vergroot om aan die behoeftes van ’n Kinder- en Jeugsorgsentrum te voldoen. Later is die sentrum informeel bekend as “Huis Nerina”. Die leuse van die sentrum is: “God met ons”.
Ligging
Nerinastraat 68, Gardenia Park, Bloemfontein.
Kinders
Die huis versorg 12 kinders, seuns en dogters van alle ouderdomme en rasse, hoofsaaklik Afrikaanssprekend. Die kinders is tans verteenwoordigend van die wit en bruin bevolkingsgroepe en woon verskeie skole in die gemeenskap by, van hoofstroom tot spesiale onderwys.
Gedenk Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Na die Anglo-Boereoorlog het ds Marquard besef hoe groot die nood is onder die talle weeskinders op plase rondom Ladybrand. In 1904 is die weeshuis “Gedenk”, in herinnering aan die vroue en kinders wat in die oorlog gesterf het, opgerig. Aanvanklik is kinders in groepe van 25, van dieselfde ouderdom en geslag, onder toesig van ‘n matrone versorg.
In die 1960’s is die tweede fase van kinderfasiliteite ontwikkel. Alhoewel dit oorspronklik vir weeskinders bedoel was, het dit later ook kinders wat versorging benodig, ingesluit. Die sentrum is later gedesentraliseer. Teen 2003 is dit verminder tot een wooneenheid vir 12 tot 16 kinders. Die oorspronklike gebou is verkoop en ’n eenheid is opgeknap vir die nuwe sentrum wat die naam “Gedenk” behou het.
Ligging
Collinstraat 1, Ladybrand.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 12 kinders van die bruin en Sesotho gemeenskappe. Die kinders woon skole in die gemeenskap by, van hoofstroom tot spesiale onderwys.
Gladstoneweg Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Hierdie sentrum is ’n projek van die Berg-en-Dal-groep van NG gemeentes: Berg-en-Dal, De Bloem, Bloemfontein-Noord en Hugenote. Die voorsitter van die Kinderkomitee se man was ’n argitek en het gehelp met die planne. Die sentrum is in Desember 2004 betrek.
Ligging
Gladstoneweg 65, Bayswater, noordelike deel van Bloemfontein.
Kinders
Die sentrum is geregistreer om 12 kinders te versorg, 6 seuns en 6 dogters. Die kinders is verteenwoordigend van wit, bruin en swart bevolkingsgroepe en is hoofsaaklik Afrikaanssprekend.
Hlohloane Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Op 14 Junie 2004 is ’n vergadering met die Clocolan-gemeenskap gehou. Voor dit was daar reeds twee vergaderings waar bevind is dat 35 kinders onder ’n brug naby die vullishoop gewoon het. ’n Bestuurskomitee is gevorm met mev Marietha Groenewald as voorsitter en mnr Paulus Phala as ondervoorsitter.
Die kinders is aanvanklik tydelik gehuisves by Derdestraat-Oos 34, totdat NG Welsyn ’n gebou gekoop en opgeknap het. Die sentrum kan 15 seuns en 15 dogters versorg. Die naam “Hlohloloane” het historiese betekenis en is afgelei van ’n Basotho-uitdrukking wat beteken “Stamp en veg”.
Ligging
Tweedestraat-Oos 30, Clocolan.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 30 kinders, (15 seuns en 15 dogters), tussen 4 en 18 jaar. Die kinders is almal Sesotho-sprekend en neem deel aan plaaslike skole en aktiwiteite soos atletiek, sokker, tradisionele danse, debat en drama.
Huis Amor Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Huis Amor het ontstaan uit die oorspronklike huis vir ongetroude moeders, bekend as Susanna Coetzee Huis. Die huis was bedoel vir vroue wat ná die Anglo-Boereoorlog nêrens gehad het om heen te gaan nie, sowel as vroue wat uit die tronk vrygelaat is. In 1909 is daar ’n reddingsentrum op Reitzstraat 13 in Bloemfontein gestig.
In 1966 het die Sinodale Kommissie van die NG Kerk die dienste oorgeneem. In 1970 is ’n groter gebou in Van Heerdenweg 20 in Bloemfontein opgerig, wat 24 moeders kon huisves. Van 1970 tot 2002 is 1 300 moeders gehelp. Ná die wetsverandering rondom aborsie, het die behoefte aan dié diens afgeneem. In 2003 is besluit om ook behoeftige meisies en swanger meisies in krisisse toe te laat. Die huis is verskuif na Faurelaan 12A in Wilgehof en die naam is verander na Huis Amor.
Ligging
Faurelaan 12A, Wilgehof, Bloemfontein.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 10 meisies en 2 swanger meisies van verskillende kultuurgroepe. ’n Swanger meisie word gewoonlik twee maande voor haar geboortedatum opgeneem en ontvang sorg, ondersteuning en begeleiding om ’n ingeligte besluit oor die baba se toekoms te neem.
House of Compassion Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
In 2006 het die maatskaplike werker van die Kerklike Maatskaplike Dienste (KMD) wat verantwoordelik was vir Bainsvlei besef hoe groot die impak van MIV/VIGS op kinders in die gemeenskap is. Die Waterbron en Universitas NG gemeentes het besluit om saam ’n diens aan wees- en mishandelde kinders te begin.
Teen 2008 is die projek uitgebrei met huisversorging, groentetuine, sopkombuis en versorging van 34 kinders. ’n Munisipale kliniekgebou is gehuur en opgeknap. In 2009 is besluit om dit tot ’n geregistreerde Kinder- en Jeugsorgsentrum te ontwikkel. In 2020 is die sentrum geskuif na die gebou van die geslote Deo Juvante sentrum.
Ligging
Faurelaan 4, Willows, Bloemfontein.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 24 kinders, meestal Sesotho-sprekend, (12 seuns en 12 dogters). Die kinders kom uit bruin en swart gemeenskappe en gaan na verskillende skole in die gemeenskap.
Lefika Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
In Augustus 2002 het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ’n versoek gerig vir die oprigting van ’n sentrum in QwaQwa. In 2003 het dr Gideon van der Walt en ds Dries van der Merwe van die Verenigde Gereformeerde Kerk die sentrum help begin. Die ou pastorie in Mabolela naby Witsieshoek is as gebou gebruik. “Lefika” beteken “Berg.”
Verskuiwing na Kestell
In Mei 2014 is die sentrum na Kestell verskuif. ’n Nuwe bestuursliggaam is aangestel en ’n huis is aangekoop en aangepas om aan die vereistes van ’n sentrum te voldoen. Die trek is deels gedoen om koste te verminder en die betrokkenheid van die hoërskool in Kestell te vergemaklik.
Ligging
Cilliersstraat 28, Kestell.
Kinders
Die sentrum versorg 12 kinders, (seuns en dogters), tussen 3 en 17 jaar oud. Al die kinders is Sesotho-sprekend.
Letsemeng Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
’n Opname in 2002 het gewys dat 52 kinders van die Xhariep-streek in weeshuise in ander dorpe was. Ná gemeenskapsvergaderings is besluit om ’n sentrum in Koffiefontein te begin. De Beers het ’n huis op “The Park” geskenk aan NG Welsyn, wat dit omskep het in ’n sentrum.
Ligging
“The Park”, Edwardweg, Koffiefontein.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 24 kinders van die bruin en swart gemeenskappe, meestal Afrikaanssprekend. Almal is van skoolgaande ouderdom en die meeste is jong tieners.
Maanblom Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die sentrum is op 27 Augustus 2002 bespreek toe 26 kinders van die area in Winburg se weeshuis was. Die gemeenskappe van Virginia en Hennenman het besluit om die sentrum in Virginia te stig, waar daar ’n spesiale skool is. Die huis is volledig toegerus met meubels vanaf Winburg.
Ligging
Maanblomstraat 10, Virginia.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 12 kinders, almal seuns. Die tale wat gepraat word is Engels en Afrikaans. Kinders kom van Virginia, Hennenman, Welkom
Marquard Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die eerste 6 inwoners het op Vrydag 15 Augustus 2008 ingetrek by die nuwe sentrum. Dit is die 32ste gedesentraliseerde Kinder- en Jeugsorgsentrum van die Vrystaat. Die sentrum versorg behoeftige kinders uit Marquard en Moemaneng. Die gebou is deur Christen Bedieninge geskenk en met fondse van hulle, NG Welsyn en die gemeenskap, opgeknap. Meubels en toerusting is deur verskeie kerke, gemeenskapsgroepe, die Volksblad Kersfonds en individue geskenk.
Ligging
Jakob Makoellestraat 9, Marquard.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 16 Sesotho-sprekende kinders, seuns en dogters, vanaf peuter tot tiener. Daar word aan hulle fisiese, opvoedkundige, terapeutiese en mediese behoeftes voldoen.
Merafong Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die behoefte aan veilige verblyf vir kinders in nood het gelei tot die stigting van Merafong. Die Getuieniskommissie van die NG Kerk het die ou pastorie van dr Lourens Erasmus in Hyslopstraat, Welkom vir hierdie doel beskikbaar gestel. Op 16 Maart 2008 het die gemeente van Merafong Wespark die verantwoordelikheid aanvaar. Die sentrum se kenteken is ’n myn skag—Welkom is bekend vir goudmynbou. Die naam “Merafong” beteken “Plek van Goud”. Die eerste ses seuns het in April 2009 ingetrek. Leuse: Romeine 8:31 – “As God vír ons is, wie kan teen ons wees?”
Ligging
Hyslopstraat 3, Seagull Park, Welkom.
Kinders
Geregistreer vir 12 Sesotho-sprekende seuns van 0 tot 18 jaar. Die kinders woon eredienste, Sondagskool en jeugklubs by. Hulle ontvang Christelike waardes en besoek van ds Pheko, wat ook voorsitter is.
Nala Re Thabile Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die Bothaville-gemeenskap het ’n multikulturele aksiekomitee gevorm om sentrums in Bothaville (Afrikaans) en Naledi (Sotho) te stig. Die terrein van New Holland is op 10 Februarie 2005 deur NG Welsyn gekoop en die geboue omskep in ’n sentrum. Tydens die vergadering van 24 November 2005, is ds Hennie Hattingh as voorsitter en ds Simon Dlamini as ondervoorsitter verkies. Die sentrum het in Junie 2006 geopen. In 2009 is dit uitgebrei na 24 kinders en in 2019 na 30 kinders. Die naam beteken “Dat ons bly is”.
Ligging
7de Laan 12, Nywerheidsgebied, Bothaville.
Kinders
Kinders van kleuterskool tot hoërskool word versorg. Sommige kinders het chroniese siektes, maar funksioneer normaal met medikasie en sorg. Die meeste kinders het uitgebreide families waarheen hulle tydends vakansie kan gaan.
Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
In April 1914 het ds Kestell by ’n NGK-sinodevergadering die nood onder kinders in Bloemfontein aangeroer. Binne kort tyd is ’n huis in Victoriaweg gehuur vir ses kinders. Die sentrum, bekend as “Ons Kinderhuis”, is op 11 September 1914 amptelik geopen. Elke Februarie lê kinders van die sentrum ’n krans by sy graf neer.
In Augustus 2023 is Bolokanang-sentrum met Ons Kinderhuis saamgesmelt om dienste en hulpbronne te verenig. Dit het ’n sterker ondersteuningstelsel geskep vir die kinders in ’n kampus-gebaseerde opset.
Ligging
Victoriaweg 43, Willows, Bloemfontein.
Wooneenhede (10):
- Vastrap
- Welverdiend,
- Dagbreek
- Lentedou
- Blydskap
- Doephuis
- Môredou
- Vredehoek
- Herberg
- Bolokanang
Kinders
152 Kinders van verskillende kulture, van babas tot 18 jaar (of tot skool voltooi is). Kinders woon 20 verskillende skole by. Sommige word by Amari Skool in Welkom gehuisves. Die sentrum funksioneer in 5 seuns- en 5 dogters-eenhede, elk met ’n sorgwerker en assistent. Fokus is op emosionele, opvoedkundige en lewensvaardigheidsontwikkeling.
Presidentia Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Op 20 Julie 2004 het kerkgroepe in Kroonstad besluit om ’n sentrum in die dorp te stig, aangesien meer as 50 kinders elders geplaas is. NG Welsyn het die eiendom in Maraisstraat 89 gekoop. Die eiendom is aangepas vir kindersorg. Ds Barry Fourie was die eerste voorsitter en mnr Christo Barnard die ondervoorsitter. Die sentrum is op 17 Augustus 2005 ingevolge Artikel 30 van die Kinderwet geregistreer.
Ligging
Maraisstraat 89, Presidentia, Kroonstad.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 12 kinders — 6 seuns en 6 dogters. Die kinders, van verskillende kulture, is tussen 1 en 18 jaar oud en is almal deur die Kinderhof geplaas.
Ringer Street Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die Ringerstraat Kinder- en Jeugsorgsentrum is ’n gemeenskapsprojek waarin alle rolspelers betrokke is. Mev Cecile Krause het die behoefte onder plaaslike kinders tydens ’n voedingsprojek van die NG Kerk raakgesien. Mev Magda van Niekerk, destyds Direkteur van Kinder- en Jeugsorgsentrums, het op 20 Januarie 2004 die eerste gemeenskapsvergadering gehou. Mnr Christo Krause is as voorsitter verkies. ’n Eiendom op die hoek van Ringer- en Kerkstraat is deur NG Welsyn gekoop en aangepas vir kinderorg. Die sentrum het op 10 Januarie 2005 geopen.
Ligging
Ringerstraat 40, Heilbron.
Kinders
Die sentrum huisves tans 12 Sesotho-sprekende kinders van die gemeenskap en omliggende dorpe. Die kinders is tussen baba- en 18-jarige ouderdom.
Sasolburg Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die Sasolburg-gemeenskap het vir jare tot Gedenk Kinderhuis in Ladybrand bygedra. In 2001 is besluit om Gedenk te desentraliseer. Ongeveer 30 kinders van Sasolburg was toe in daardie sentrum. Gemeenskapsvergaderings is op 13 Augustus 2001 gehou. Twee huise (Vlaardingenstraat 22 en Hans van Rensburgstraat 31), is aangekoop en aangepas om onderskeidelik 12 kinders elk te huisves. Die eerste 24 kinders wat opgeneem is, was almal oorspronklik van Sasolburg. Die sentrum het op 14 Januarie 2002 geopen.
Ligging
Seunshuis: Vlaardingenstraat 22, Sasolburg.
Meisieshuis: Hans van Rensburgstraat 31, Sasolburg.
Kinders
Sasolburg Kinder- en Jeugsorgsentrum bestaan uit 2 eenhede en versorg onderskeidelik 12 seuns en 12 dogters. Die kinders is tussen babas en 18 jaar oud en van verskeie kultuurgroepe.
Senekal Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
In 2001 het die NG Kerk-groep in die Lindley-omgewing besluit om ’n gedesentraliseerde sentrum in die Ring van Senekal te begin. Hulle was voorheen betrokke by Gedenk in Ladybrand. Die eerste aksiekomitee-vergadering is op 10 Oktober 2001 gehou. Ds Otto Lessing van NG Kerk Senekal-Noord is as voorsitter verkies, en Moruti Michael Mackane as ondervoorsitter. Die huis in De Villiersstraat 34 is gekoop van ’n plaaslike prokureur en met meubels van Gedenk ingerig.
Ligging
De Villiersstraat 34, Senekal.
Kinders
Die sentrum versorg 12 kinders van enige ouderdom en geslag. Die meeste kinders kom uit die plaaslike gemeenskap en ouers word waar moontlik by hul ontwikkeling betrek.
Thusano Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Thusano beteken “Ons werk saam” — en dit is wat in 1999 gebeur het toe baie kinders, duidelik verwaarloos, in die strate rondgedwaal het. ’n Komitee is gevorm en die hele gemeenskap het saamgestaan. Ongeveer 50 kinders het etes en skoolondersteuning ontvang. Die munisipaliteit het ’n gebou in Masilo, Theunissen geskenk. Thusano is op 5 Junie 2002 as Kinder- en Jeugsorgsentrum geregistreer vir 15 kinders.
Ligging
Masilo 1171, Theunissen.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 15 kinders van die Sesotho-gemeenskap. Hulle woon plaaslike skole en eredienste by “Grace Miracle Church”.
Tshepang Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
’n Hospice vir MIV/VIGS-pasiënte in die omgewing het soms kinders van sterwende ouers bygekry. Twee dokters het toe ’n huis gekoop en omskep in ’n veilige hawe vir hierdie kinders. In 2010 het Engo betrokke geraak en die proses van registrasie as ’n Kinder- en Jeugsorgsentrum begin.
Ligging
Erf 5, Ds Kotzéstraat, Ferreira-plase, buite Bloemfontein.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 12 kinders, meestal weeskinders uit die swart gemeenskappe. Die meeste kinders is tieners en word voorsien van basiese versorging.
Viljoenskroon Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
’n Gemeenskapsvergadering is op 20 September 2001 in Viljoenskroon gehou oor die moontlike stigting van ’n Kinder- en Jeugsorgsentrum. Mev Lizanne Wilken, maatskaplike werker van NG Maatskaplike Dienste, het die reëlings getref. Die eerste bestuursvergadering was op 23 Oktober 2001. Die huis van mev Crous in Piet Retiefstraat 49 is deur NG Welsyn aangekoop en aangepas. Meubels is vanaf Gedenk Kinderhuis verkry. In 2006 is verbeterings aangebring, insluitend ’n meisiesvleuel en kantoorruimte.
Ligging
Piet Retiefstraat 49, Viljoenskroon.
Kinders
Die sentrum is geregistreer vir 12 kinders, 6 seuns en 6 dogters. Die kinders is tussen baba- en tienerouderdom.
Vrede Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Ds Kotie Marais van Vrede-Wes NG Kerk en sy vrou was vroeër huisouers by Gedenk in Ladybrand. Hulle het in 2002 besluit om ’n sentrum in Vrede te begin. Die eerste bestuursvergadering is op 9 April 2002 gehou, met ds Marais as voorsitter en mnr Piet Steyn as ondervoorsitter. Die sentrum het in Junie 2002 geopen.
Ligging
Kühnstraat 100, Vrede.
Kinders
Geregistreer vir 12 kinders, seuns en dogters, tussen 0 en 18 jaar. Die kinders is Afrikaanssprekend.
Welkom Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die Gold Fields Mynbougroep het in 2001 ’n gebou aan NG Welsyn geskenk vir ’n sentrum in Othellostraat 13 en 15. Die sentrum is aanvanklik ondersteun deur Winburg Kinderhuis. Sasolburg het ook twee sentrums geopen. Die sentrum is op 1 Mei 2004 amptelik geopen. Die oorspronklike gebou is afgebreek en vergroot met ’n leefarea en woonstel vir huisouers. Groot skenkings is ontvang, insluitend meubels, ’n swembad en beddens.
Ligging
Othellostraat 13 & 15, St Helena, Welkom.
Kinders
Geregistreer vir 12 kinders. Twee babas in Pleegsorg word ook gereeld gehuisves totdat hulle aangeneem of elders geplaas word.
Welriedal Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
In 2001 is besluit om Winburg Kinderhuis te desentraliseer. Daar was sowat 30 kinders uit die Goudveld-gebied in die ou sentrum. Op 11 Julie 2002 is ’n aksiekomitee in Riebeeckstad gevorm. Freegold (Harmony Gold) het vier mynhuise in Lisztstraat geskenk. Die huise is verbind en omgeskep in twee eenhede.
Ligging
Riebeeckstad, naby Welkom.
Welriedal 1: Lisztstraat 1 & 3 (seuns)
Welriedal 2: Lisztstraat 2 & 4 (dogters)
Naamverklaring: Wel – Welkom, Rie – Riebeeckstad, Dal – Odendaalsrus.
Kinders
Al die seuns woon in Welriedal 1 en die dogters in Welriedal 2. Die kinders is tussen 0 en 18 jaar oud. In gevalle van nood word meer as 12 kinders tydelik gehuisves as ’n plek van veiligheid.
Winburg Kinder- en Jeugsorgsentrum
Geskiedenis
Die Winburg Weeshuis is in 1903 gestig deur ds. JJT Marquard met ondersteuning van die NG Kerk en gemeenskap. Dit is op dieselfde perseel as vandag geleë, Gillespiestraat 13 en 15. In 1973 is ’n nuwe kompleks vir 164 kinders betrek. In 2000 is die naam verander na Winburg Kinder- en Jeugsorgsentrum. Die sentrum is deel van ’n groter hervormingsproses wat ook Charlotte Theron, Ons Kinderhuis en Gedenk ingesluit het. In 2006 is twee eenhede omskep tot kleiner sentrums: Huis Diamond (seuns) en Huis Emerald (dogters).
Ligging
Gillespiestraat 13 & 15, Winburg.
Kinders
Die sentrum versorg 30 kinders – 15 seuns en 15 dogters. Die kinders is Sotho-, Engels- en Afrikaanssprekend. Albei kinder- en jeugsorgwerkers is gekwalifiseerd en geregistreer by SACSSP.
Leuse: Die Here sal voorsien. Die wapen toon ’n anker en ’n kruis – simbole van vasberadenheid en geloof.