Kom stap saam vir ’n goeie doel tydens die Child Protection Walk op 30 Mei 2026 by Villa Avianto in Bloemfontein. Hierdie gesinsvriendelike geleentheid word aangebied deur Engo, VVA en Childline Free State om bewustheid rondom kinderbeskerming te skep.
Die stap is hond- en kleutervriendelik, en deelnemers kan ook vir Omgie, Mossa en Thuso – die gelukbringers van Engo, VVA en Childline – ontmoet. Toegang is gratis tot die koffie-area by Villa Avianto.
📍 Villa Avianto, 40 Speserylaan, Quaggafontein, Bloemfontein
🕣 08:30 (Registrasie vanaf 07:30)
🎟 Toegang: Bring niebederfbare kos of toiletware saam.
Vir meer inligting:
Luchell – 051 522 6914
sws.bfn@engo.co.za
