Engo Gesinsorg lewer dienste wat gegrond is op Bybelse beginsels en wetlike standaarde, met ’n fokus op kindbeskerming en die bemagtiging van gesinne.
Engo Gesinsorgkantore lewer kindbeskermingsdienste ingevolge die Kinderwet, Wet 38 van 2005, soos gewysig. Dienste is gemik op voorkoming, vroeë intervensie, statutêre dienste en naversorgdienste in die gemeenskappe wat deur die kantore bedien word, te bied. Alle optrede aksies van die professionele personeel is daarop gemik om kinders te beveilig en gesinne te versterk en te behou.
Deur ’n vennootskap met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, bedien Engo Gesinsorg diverse kerkgroepe en kulturele gemeenskappe en verseker inklusiewe maatskaplike dienste.
Viljoenskroon Gesinsorg
Luyt straat 44 Heilbron
Reitz Gesinsorg
Senekal Gesinsorg
Edenred
Bloemfontein Gesinsorg
Odendaalsrus Gesinsorg
Welkom Gesinsorg
Virginia Gesinsorg
Henneman Gesinsorg
Kroonstad Gesinsorg

Gevallestudie-werk

Hulp met Basiese Behoeftes

Voorkomingsdienste

Statutêre Dienste

Groepwerk

Gemeenskapswerk
Gevallestudie-werk
Engo Gesinsorgkantore se dienste fokus grootliks op individue en gesinne. Dienste fokus op die bemagtiging van individue en die verbetering van hul lewenskwaliteit. Hoewel die meerderheid van dienste statutêr van aard is, poog kantore ook om voorkomingsdienste en pre-statutêre dienste te lewer. Hierdie dienste fokus op die ontwikkeling van menslike potensiaal om statutêre ingryping te voorkom. Die behoud van gesinne word as ’n prioriteit beskou.
Hulp met Basiese Behoeftes
As gevolg van verskeie faktore, veral die land se huidige ekonomiese toestande, word Engo Gesinsorgkantore daagliks genader deur persone wat ondersteuning benodig met basiese behoeftes soos kos, klere en behuising. Algemene redes vir hierdie behoefte sluit in werkloosheid, lae inkomste en die stygende lewenskoste. Met die vrygewige onderteuning van gemeenskapdonasies kan Engo Gesinsorg moontlik hulp bied met kos en klere indien hulpbronne dit toelaat.
Voorkomingsdienste
Dienste moet toenemend fokus op voorkoming en die behoud van gesinne.
Programme fokus onder andere op die voorkoming van:
- Uitdagende gedrag by kinders
- Seksuele misbruik
- Alkohol- en dwelmverslawing
- Ouerskapsvaardighede
- Vaardigheidsontwikkeling en bemagtiging van persone, met ’n fokus op die behoud van gesinne
Hierdie programme sluit in:
- Armoedeverligting
- Ouerskapvoorligting
- Bemagtiging van vrywilligers
- Ontwikkelingsprogramme vir kleuterskole
- Sopkombuise
Statutêre Dienste
Redes vir statutêre optrede sluit in seksuele misbruik, mishandeling, prostitusie, geweld en verwaarlosing van kinders. Omstandighede is dikwels kompleks en vereis ’n hoë vlak van terapeutiese insette van maatskaplike werkers. In sommige gevalle is daar ook konflik tussen ouers rakende toegang tot kinders en die uitoefening van ouerlike regte en verantwoordelikhede rakend die kinders. Daar is ook uitdagings ten opsigte van die beskikbaarheid van geskikte pleeg- en tydelike veilige sorg ouers. Die werwing, keuring en opleiding van geskikte pleeg- / tydelike veilige sorg ouers is dus ’n projek wat voortdurend aandag geniet.
Dienste aan pleegkinders is baie uiteenlopend en poog om die ontwikkelingsbehoeftes van pleegkinders aan te spreek.
Tydens dienste aan pleegkinders is die fokus op:
- Ontwikkeling van emosionele intelligensie
- Hantering van uitdagende gedrag
- Ontwikkeling van ouerskapsvaardighede van pleegouers
Groepwerk
Groepswerk is ’n metode in maatskaplike werk waar 6 – 10 mense met soortgelyke behoeftes saam in ’n groep hanteer word en aan ’n terapeutiese program blootgestel word. Groepsdinamika en interaksie met ander groepslede bevorder die groei en ontwikkeling van individue.
Groepe fokus op:
- Ontwikkeling van ouerskapvaardighede
- Afknougedrag deur hoërisikogedrag te bestuur
- Bemagtiging van ouers
- Ontwikkeling van emosionele intelligensie en lewensvaardighede by kinders
Gemeenskapswerk
Verskeie aspekte word deur gemeenskapswerk aangespreek, onder andere: bewustheid oor kinderregte, vakansieprojekte, bewusmaking oor huishoudelike geweld en middelafhanklikheid.
Projekte sluit in:
- Voorkoming en bestuur van afknougedrag
- Bewusmakingsveldtogte oor geslagsgebaseerde geweld
- Groentetuine
- Vakansieprojekte vir kinders met fokus op lewensvaardighede
- Ondersteuning aan vroeëkinderontwikkeling-sentrums in gemeenskappe
- Handpopvertonings om inligting aan jong kinders oor te dra
- Projekte wat weekliks kos voorsien aan behoeftige kinders (200 kinders per geleentheid)
- Sopkombuis (100 – 200 persone)
- Kinderbeskermingsweek
- Jeugdag
- Bewusmaking oor middelmisbruik
- Projekte om morele waardes en norme te versterk
5 303
Persone bereik deur groepe
522
Kinders betrokke by voorkomingsdienste
267
Kinders beskerm deur statutêre ingryping
5 687
Hulp verleen met basiese behoeftes