By Salileni bied ons ’n veilige en ondersteunende omgewing vir volwassenes met gestremdhede. Ons help ons lede om waardevolle lewensvaardighede aan te leer, wat hulle in staat stel om onafhanklikheid te ontwikkel en selfs ’n inkomste te genereer. Ons programme sluit basiese geletterdheid en syferkennis in, asook handwerk soos houtwerk, skilder, naaldwerk en breiwerk. Verder vier ons kreatiwiteit deur sang, dans en konserte met kostuums, terwyl almal ook Gebaretaal aanleer – ’n noodsaaklikheid, aangesien ons twee doofstom lede het.
Die naam “Salileni” is afgelei van die Afrikaanse uitdrukking “Sal nie gaan lê nie”, wat ons toewyding weerspieël om aan te hou veg vir die oorlewing van die sentrum en die bemagtiging van mense met gestremdhede. Ons sentrum funksioneer sonder staatsubsidie en is afhanklik van gemeenskapsondersteuning. Jou ondersteuning kan ’n werklike verskil maak in die lewens van ons lede. Help ons om ons missie voort te sit – saam kan ons ’n toekoms bou waar niemand vergeet word nie!
MAAK ‘N VERSKIL
Reik vandag ’n helpende hand uit na Salileni. Ons het dringend ondersteuning nodig in die volgende areas:
- Borgskap van ’n lid teen R550 per maand
- Borg van ’n kwartaal-uitstappie na ’n restaurant vir 15 lede
- Debietorder vir ’n maandelikse donasie
- Kruideniersware: Aanmaakkoeldrank, gemengde groente in kerriesous, chakalaka
- Skoonmaakmiddels: Jik, Domestos, Sunlight Liquid
- Toiletpapier (goeie perforasie): Sodat lede met een hand dit maklik kan afskeur
Klik hier om ‘n donasie te maak
Kontak Salileni
Louisa van den Berg
salilenisgr8@gmail.com
072 893 4623
Maandag tot Vrydag 08:00 – 12:00
11
Persone tussen die ouderdom
van 18 en 36 jaar ondersteun
35
Volwasse gestremde persone
word maandeliks bereik
16
Vrywilligers help
permanent met dienslewering
