Engo Aannemings is ‘n geregistreerde en geakkrediteerde organisasie wat gemagtig is om aannemings in die Vrystaat Provinsie te fasiliteer, volledig in ooreenstemming met die Kinderwet.
Ons is verbind tot die oortuiging dat elke kind die liefde en stabiliteit van ‘n gesin verdien.
Ontdek die Lewensveranderende Geseënde Gawe van Aanneming
Aanneming is meer as net ‘n proses – dit is ’n reis van liefde, toewyding en behoort. Stel jou voor om ‘n permanente Tuiste aan ‘n kind in nood te – waar hulle die veiligheid, sorg en stabiliteit wat hulle verdien, terwyl jy lewenslange bande van liefde bou.
Engo het ’n gespesialiseerde aannemingsprogram. Alle aannemingsmaatskaplike werkers is geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe en beskik oor ‘n erkende spesialisasie in aannemingswerk. Die organisasie is volledig geakkrediteer om beide nasionale en internasionale aannemings te fasiliteer.
Wees die rede hoekom ’n kind hul vir altyd gesin vind! Jou liefde en deernis kan die sleutel wees tot ‘n beter toekoms vir so ‘n kind.

Vereistes

Oorsprongnavrae
Kontak Aannemings
051 522 6914
079 057 4597 en 082 202 4306
info@engo.co.za
Vir enige navrae rakende aannemings na of van ander lande, kontak asseblief die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling by ThandiM@dsd.gov.za
28
Nasionale aannemings
2
Internasionale aannemings
39
Oorsprong navrae
Vereistes
Aanneming is ‘n wettige proses wat ‘n pad insluit wat bestaan uit die biologiese ouers, die kind en voornemende aannemingsouers.
Biologiese ouers moet ‘n deeglike beradingsproses ondergaan om die implikasies van aanneming ten volle te verstaan, asook die verskillende plasingopsies wat vir hul kind beskikbaar is.
’n Kind mag eers vir aanneming oorweeg word nadat ’n omvattende ondersoek gedoen is, met spesifieke wetlike kriteria, wat gebruik word om die kind se aannemingsvatbaarheid te bepaal.
Die primêre doel van aanneming is om ’n permanente, liefdevolle gesin te vind vir ’n kwesbare kind in nood te vind – dit gaan oor die plasing van kinders in gesinne, nie om kinders vir ouers te soek nie.
Verwysings van kinders in nood weerspieël die huidige werklikhede in Suid-Afrika en is daarom hoofsaaklik swart Suid-Afrikaanse kinders.
Voornemende aannemingsouers moet ’n omvattende keuringsproses ondergaan, om te verseker dat hulle geskik en bevoeg is, om die regte en verantwoordelikhede van aannemingsouerskap op te neem.
Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees of permanente verblyf hê en moet ouer as 18 jaar wees. Enkellopende individue en persone in langtermynverhoudings kan ook oorweeg word.
’n Redelike diensfooi word deur die Kinderwet voorgeskryf. In die afwesigheid van ’n volle staatsubsidie, word ’n glyskaal gebaseer op inkomste toegepas vir nasionale aannemings. Elke aansoeker se finansiële situasie word sorgvuldig oorweeg en Engo sal nooit vir ’n kind ’n gesin ontsê, op grond van ’n aansoeker se onvermoë om finansieël tot die proses by te dra nie.
Oorsprongnavrae
’n Aangenome persoon ouer as 18 jaar het die reg om inligting oor hul familie van oorsprong aan te vra. Biologiese ouers en aannemingsouers mag ook inligting versoek.
Dit is noodsaaklik om die korrekte prosedures te volg wanneer oorsprongnavrae gedoen word. Die eerste stap is om die organisasie te kontak wat die aannemingsproses gefasiliteer het.
Alle betrokke partye sal deur ’n gestruktureerde proses gelei word, met omvattende emosionele ondersteuning wat deurentyd die proses verskaf word.