I’m not interested in age. People who tell me their age are silly. You’re as old as you feel. – Elizabeth Arden

Oor Ons

Huis Emily Hobhouse Sorgsentrum vir Bejaardes is in Koppies geleë. Die sentrum is vernoem na Emily Hobhouse wat tydens die oorlogsjare ’n kantwerkskool in Koppies begin het. Sommige van die kantwerk word vandag nog by die sentrum bewaar. Koppies is ’n klein landelike dorpie in die Vrystaat langs die N1-hoofweg. Nabygeleë dorpe sluit in Parys, Sasolburg, Heilbron en Kroonstad. Die sentrum bied uitstekende, bekostigbare behuising en sorgfasiliteite vir bejaardes. Hier kan ’n bejaarde ’n kwaliteit lewe geniet in ’n rustige, veilige omgewing omring deur pragtige tuine.

Akkomodasie

Of jy op soek is na onafhanklike wooneenhede of hulp benodig met verswakte sorg, is daar verskeie behuisingsopsies beskikbaar.

Selfsorgwoonstelle

Hierdie woonstelle is beskikbaar om te huur en is geskik vir persone wat onafhanklik kan woon. Inwoners is self verantwoordelik vir die skoonmaak van die woonstelle. Die opsies sluit die volgende in:

9 x Bachelorwoonstelle
’n Oopplan-eenheid met ’n slaapkamer, sitkamer, kombuisie en badkamer.

8 x Eenslaapkamerwoonstelle
Afsonderlike slaapkamer met badkamer, kombuis en sitkamer.

14 x Groot slaapkamerwoonstelle
Ruim slaapkamer met en suite-badkamer, groot sitkamer en kombuis.

Kamers met semi- en voltydse sorgdienste

Semisorgkamers

Hierdie woonstelle en kamers is geskik vir persone wat onafhanklik kan woon en drie maaltye per dag in die eetsaal geniet. Koffie en tee word ook daagliks om 10:00 en 14:30 in die sitkamer bedien. Elke kamer beskik oor ’n interkomstelsel waarmee hulp ontbied kan word. Die kamers word daagliks skoongemaak en wasgoed word ook gedoen.

14 x Enkelkamers
Privaat kamer met ’n wasbak in die kamer. Badkamers word gedeel.

2 x Dubbelkamers
Ruim kamer met 2 beddens en ’n wasbak in die kamer. Badkamers word gedeel.

2 x Woonstelle
Afsonderlike woonstel met ’n ruim kamer en ’n badkamer.

Volsorgkamers

Inwoners van hierdie kamers geniet 24-uur versorging deur opgeleide personeel. Hantering en toediening van medikasie word hier aangebied. Dit is ideaal vir persone wat bedlêend of rolstoelgebonde is.

7 x Enkelkamers
Privaat kamer met ’n wasbak in die kamer. Badkamers word gedeel.

4 x Dubbelkamers
Ruim kamer met 2 beddens en ’n wasbak in die kamer. Badkamers word gedeel.

2 x Vierbedkamers
Ruim kamer met 4 beddens wat gedeel word. Die kamer het ’n wasbak en deel ’n badkamer.

Dienste

Die sentrum bied ’n verskeidenheid dienste wat inwoners kan geniet. Neem asseblief kennis dat addisionele fooie vir sommige van die dienste van toepassing is.

  • Maaltye beskikbaar teen betaling
  • Waarneming van woonstelinwoners word weekliks gedoen
  • Addisionele sorgdienste by woonstelle
  • Regstreekse kerkuitsending op Sondae vanuit die Moedergemeente
  • Haarsalon asook haarkapperdiens vir bedlêende inwoners
  • Skilderklub
  • Biblioteek
  • Gebedstye in die sitkamer
  • Oefeninge weekliks
  • Lapa beskikbaar vir familiekuier
  • Oordekte parkering vir voertuie
  • Wasgoeddienste
  • Naelsorgdienste
  • Hantering van medikasie

Kontak Ons

Tel: 056 777 1811/2
E-pos: emily@compuking.co.za

5de Straat
Koppies