Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum nooi jou uit na die jaarlikse Lente Genadefees – ’n besonderse aand waar musiek, gemeenskap en hoop saamkom om ’n verskil te maak in die lewens van kwesbare kinders.
Geniet ’n onvergeetlike aand van uitstekende vermaak deur bekende kunstenaars, insluitend Du Preez en Jana Stoltz, Jaco Bezuidenhout, Jannie Moolman, Ella Kotze, Ilse Fourie, Levert Solomons, Riaan Naudé en die Unimus Orkes onder leiding van Anton Esterhuyse.
Datum: 11 September 2026
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: Geloofsentrum, Bloemfontein
Koste: R100 per persoon
Elke kaartjie help om hoop, sorg en ’n beter toekoms vir kinders in nood moontlik te maak.
