Sopverkope ten bate van Silwerbron Sentrum vir Bejaardes

Sopverkope ten bate van Silwerbron Sentrum vir Bejaardes

When

June 12, 2026    
All Day

Ondersteun Silwerbron se deelname aan Go Turquoise for the Elderly deur heerlike tuisgemaakte groentesop te bestel. Die sop sal op 12 Junie 2026 beskikbaar wees teen R60 per liter, en ondersteuners word versoek om hul eie houers saam te bring.

Bestellings kan nou geplaas word by Eliche (072 611 8878) of Nicolien (082 925 9382). Elke aankoop help om bewustheid te skep vir die behoeftes van ouer persone en ondersteun die waardevolle werk wat by Silwerbron verrig word. Saam kan ons ’n verskil maak!