Hierdie winter nooi ons jou uit om ‘n verskil te maak in die lewe van kinders by die Hlohloloane Kinder- en Jeugsorgsentrum in Clocolan. Met ons Warm Klein Drome-veldtog samel ons noodsaaklike winteritems in vir seuns en meisies tussen die ouderdomme van 4 en 17 jaar om hulle warm en gemaklik deur die koue wintermaande te help.
Ons benodig die volgende skenkings:
- Winternagklere (pajamas)
- Kamerjasse
- Pantoffels
Nuwe of netjies gebruikte items in goeie toestand is baie welkom.
Skenkings kan afgegee word by:
- PEP Stores Clocolan
- Hlohloloane Kinder- en Jeugsorgsentrum
- NG Kerk Clocolan
Elke bydrae, groot of klein, help om warmte, omgee en hoop aan ‘n kind te gee. Kom help ons om hierdie winter vir elke kind ‘n bietjie warmer en mooier te maak.
Vir meer inligting, kontak Annelie van Rooyen by 082 300 6345.
