Omgiedag 2025: Kleur jou wêreld, gee om!

Omgiedag 2025: Kleur jou wêreld, gee om!

When

October 31, 2025    
All Day

Omgiedag is nie net ’n sivviedag nie – dis ’n viering van omgee, hoop en kreatiwiteit. Op hierdie vrolike dag dra kinders (R10) en volwassenes (R20) hul kleurvolste klere, maak ’n skenking en ontvang ’n Omgie-plakker wat wys: Ek gee om.

ENGO nooi skole uit om deel te wees van Omgiedag met gratis opvoedkundige video’s oor temas soos emosies, kinderregte en “Kleur jou drome”. Skole kan ook vir Omgie self uitnooi vir ’n energieke besoek vol dans, lag en hoop. ’n Inkleurkompetisie moedig kinders aan om hul drome uit te beeld.

Besighede kan betrokke raak met ’n Omgie-pakket (R1500) of R20 per personeellid skenk – en ontvang ’n Artikel 18A-sertifikaat.

Alle fondse help ENGO om meer as 60 sentrums in die Vrystaat te ondersteun. Deel julle kleurvolle foto’s op Facebook en tag ENGO Vrystaat – want kleur en hoop is aansteeklik!

Plakkers beskikbaar by alle ENGO-sentrums.
Navrae of registrasie: info@engo.co.za / 060 548 5543
Kontak Marinique du Plessis: 073 566 0078