Projek Van Hoop

Hierdie kompetisie word aangebied deur Engo Vrystaat ten einde fondse in te samel vir kinders in kinder- en jeugsorgsentrums, armes gesinne en kinders in gemeenskappe, persone met gestremdhede, bejaardes en pasiënte in nood. ’n Renault Kwid Climber ter waarde van R222 000.00 kan gewen word. Geen persone onder die ouderdom van 18 mag aan hierdie kompetisie deelneem nie. Deelnemers sal vereis word om ’n minimum donasie van R50.00 te maak en ’n lootjie in te vul om aan die kompetisie deel te neem. Deelnemers mag meer as R50 skenk, en sal kwalifiseer vir een lootjie vir elke R50 donasie. Een lootjie sal dus uitgereik word vir elke R50 donasie. Indien die donasie nie in veelvoude van R50 is nie, sal die bedrag bo R50 as ’n onvoorwaardelike donasie beskou word. Byvoorbeeld: ’n donasie van R90.00 sal lei tot een lootjie ter waarde van R50.00 en die oorblywende R40.00 sal as ’n R40.00 donasie beskou word.

Geen werknemers van Engo en sy subprogramme, borge van hierdie kompetisie en hul werknemers, asook werknemers van Evolve Audit & Advisory (Evolve), mag aan die kompetisie deelneem nie. Vyf finaliste en die uiteindelike wenner sal deur middel van gelukstrekkings bepaal word. Evolve sal die vyf finaliste ewekansig kies. Die ewekansige keuse (deur gelukstrekking) sal nie beïnvloed word deur donasies wat die minimum koste van R50 oorskry nie. Deelnemers aan wie meer as een lootjie uitgereik is, sal slegs vir een plek in die finale trekking kwalifiseer, ongeag of meer as een van hul lootjies getrek is as deel van die vyf finaliste. Met ander woorde, as ’n deelnemer meer as een lootjie ontvang het en meer as een van hul lootjies getrek word, sal hulle slegs een plek in die top vyf finaliste mag inneem.

Deelnemers wat as finaliste gekies word, stem in en gee toestemming dat hul name en foto's in die media, publikasies en op sosiale media gebruik mag word. Die voertuig wat gebruik word by verskillende promosiegeleenthede in die Vrystaat is nie die prysvoertuig nie, en die kleur daarvan mag verskil van die voertuig wat op bemarkingsmateriaal gewys word.

Inskrywings sluit om 00:00 op 30 September 2025. Die finale trekking sal plaasvind op 31 Oktober 2025 in Bloemfontein en finaliste word versoek om hierdie geleentheid by te woon. Die wenner sal slegs gekies word uit die finaliste wat persoonlik die finale trekking bywoon. Indien ’n finalis nie die finale trekking kan bywoon nie, mag die finalis die kaartjie oordra aan iemand anders wat dit wel kan bywoon en dus vir die prys kwalifiseer. Hierdie oordrag van die kaartjie moet skriftelik bevestig en deur beide partye onderteken word (die finalis wat die kaartjie oordra en die plaasvervanger wat dit ontvang). Die plaasvervanger sal dan die nuwe finalis wees, en die bepalings en voorwaardes hierin uiteengesit sal op hom/haar van toepassing wees.

Engo sal verantwoordelik wees vir die direkte reiskoste van die finaliste (brandstof en tolgeld tot in Bloemfontein, afhangende van afstand). Akkommodasie vir twee persone per finalis sal voorsien word vir ’n maksimum van twee dae, afhangende van die afstand wat afgelê moet word. Terugbetaling van reiskoste sal geskied op vertoon van bewys van die uitgawes soos hierbo genoem.

Let asseblief daarop dat nakoming van alle reëls van die kompetisie en algemene regulasies geouditeer sal word deur Evolve Audit & Advisory. Die trekking van die vyf finaliste en die wenner is finaal en geen korrespondensie oor die uitslag sal gevoer word nie. Pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie. Die gemeenskapslotery is geregistreer by die Nasionale Loterykommissie (Reg. Nr. 00427/02).

SKU: PVH2025 Category: