Word ‘n vrywillger  

Engo is afhanklik van hulp van die gemeenskap.  Jou betrokkenheid kan ‘n groot verskil maak.  Indien jy bereid is om tyd aan ons te skenk, en by een van ons projekte of sub-programme betrokke te raak, voltooi asb die onderstaande vorm en ons sal jou kontak.

Baie dankie vir jou bereidwilligheid om hoop te skep waar dit die nodigste is.

Maandelikse Debietorder

Maak ‘n maandelikse bydrae aan Engo.  Voltooi die vorm HIER en help om ‘n verskil te maak in omtrent 200 000 mense se lewens elke jaar.

Vir so min as R50 per maand, kan jy hoop skep vir ‘n kind, help om ‘n familie kos te gee, ‘n bejaarde help om met waardigheid oud te word en dit makliker maak vir die gestremde.

Engo voorsien ook aan jou ‘n Artikel 18 A sertifikaat vir jou jaarlikse bydrae

‘n Kort video oor ons debietorders 

 

Artikel 18A Sertifikaat

Maak ‘n onvoorwaardelike donasie aan enige van ons subprogramme en ontvang ‘n Artikel 18 A sertifikaat vir jou bydrae, wat gebruik kan word vir belastingdoeleindes.

Maak ‘n onvoorwaardelike skenking na die volgende rekening:

HELPCOR TRUST

ABSA

TAKKODE:  633 256

REKENING NOMMER: 405 501 7256

Epos inligting vir Artikel 18 A sertifikaat na info@engo.co.za

 

SEB opsies

Twee van Engo se subprogramme kan jou help om jou SEB punte te verdien. 

Engo Gesinsorg

Gee broodnodige maatskaplike hulp aan kinders en gesinne. Alle aksies is gefokus op die beskerming van kinders en gesinne.

  • 10 gesinsorgkantore wat maatskaplike dienste in 17 dorpe lewer.
  • 65 277 individue het voordeel getrek uit dienste wat deur Engo Gesinsorg gelewer is
  • Begunstigdes is 86,5% SEB.

 

Engo Kinder-en Jeugsorgsentrums

Bied beskerming en versorging aan kinders wat deur die Kinderhof uit hul ouerhuise verwyder is en sorgbehoewend bevind is.

  • Veelrassig, kinders van beide geslagte en alle ouderdomme.
  • 724 kinders word in 33 Kinder- en Jeugsorgsentrums regoor die Vrystaat versorg.
  • Voorsiening in basiese behoeftes (voedsel en klere) van nog 3 555 kinders in gemeenskappe in die Vrystaat.
  • Begunstigdes is 60% SEB, hoewel 100% SEB-huise ook bestaan ​​en ondersteun kan word.

Stuur ‘n epos na info@engo.co.za of skakel 060 548 5543

 

Ondersteun fondswerwingsgeleenthede

Engo bied jaarliks ‘n groot verskeidenheid geleenthede aan om fondse te werf.  Hierdie is die ideale geleentheid om sigbaar by Engo betrokke te raak.

Van Golfdae, Damesoggende en Sportgeleenthede tot manne-aande en skoonheidskompetisies, asook ons jaarlikse Vir Ons Kinders projek waar groot pryse te wen is.

Stuur ‘n epos na info@engo.co.za of skakel 060 548 5543 vir meer inligting oor uitstekende bemarkingsgeleenthede wat vir Engo en jou besigheid tot voordeel kan strek.

Kyk gerus ook na ons kalender van geleenthede en identifiseer self waar jy betrokke wil raak.

 

Raak vandag betrokke. Stuur ‘n epos na info@engo.co.za of
skakel 060 548 5543