Meer oor Engo
Engo is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringswelsynsorganisasie wat hoofsaaklik in die Vrystaat werk en versorging en berading bied aan kinders, gesinne, bejaardes, gestremdes en pasiënte in nood.
Engo is formeel in 1967 gestig, alhoewel sommige dienste soos die Charlotte Theron Child and Youth Care Centre in Bethlehem in 1902 gestig is. Engo bedien die gemeenskap reeds vir langer as 100 jaar.
Engo is die tweede grootste liefdadigheidsorganisasie van sy soort in Suid-Afrika en die grootste in die Vrystaat en doen ongelooflike werk in gemeenskappe onder alle rasse, kulture en ouderdomme. Engo is jaarliks betrokke in die lewens van ongeveer 200 000 mense.
Engo werk volgens spesifieke kernwaardes. Hierdie waardes is moed, uitnemendheid, eerlikheid, integriteit, sorg en empatie. Ons skep ewige hoop en het ‘n Christelike benadering en inslag in ons diens. Ons streef daarna om ‘n verskil te maak in die lewens van mense.
Engo bestaan uit ses sub-programme wat dienste aan verskillende sektore van die gemeenskap lewer. Hierdie programme is:
- Gesinsorg
- Aannemings
- Kinder- en Jeugsorg
- Bejaardesorg
- Hospitaalversorging
- Gestremdesorg
Raak vandag betrokke. Stuur ‘n epos na info@engo.co.za of skakel 060 548 5543
Engo Gesinsorg
- Gee broodnodige maatskaplike hulp aan kinders en gesinne. Alle aksies is gefokus op die beskerming van kinders en gesinne.
- 10 Gesinsorgkantore wat maatskaplike dienste in 17 dorpe lewer.
- Ongeveer 65 000 individue vind baat by dienste wat deur Engo Gesinsorg gelewer is.
- Begunstigdes is 86,5% SEB.
Engo Aannemingsdienste
- Tree op in die beste belang van aanneembare babas en kinders om ‘n huis en gesin vir aanneemkinders te vind.
- 58 Aannemings is gedurende die laaste jaar afgehandel. 5 Meisies is bygestaan tydens swangerskap en 46 navrae oor oorsprong is hanteer.
Engo Kinder- en Jeugsorg
- Bied beskerming en versorging van kinders wat deur die Kinderhof uit hul ouerhuise verwyder is en sorg nodig het.
- Kinders van alle rasse, geslagte en ouderdomme tot op 18 jaar word versorg en beskerm.
- 895 kinders word in 33 Kinder- en Jeugsorgsentrums regoor die Vrystaat versorg.
- Begunstigdes is 60% SEB, hoewel 100% SEB-huise ook bestaan en ondersteun kan word.
- Addisioneel word daar ook aan basiese behoeftes (voedsel en klere) voorsien vir nog 3 555 kinders in gemeenskappe.
Engo Bejaardesorg
- Lewer bekostigbare dienste aan bejaardes om hul lewensgehalte te verbeter.
- 2 793 bejaardes woon en ontvang sorg in 20 sentrums regoor die Vrystaat.
- 116 860 individue het gedurende die laaste jaar ondersteuning ontvang deur 20 verskillende dienste van ons gemeenskapsgebaseerde sorgprogramme.
Engo Hospitaalversorging
- Besoek en bedien die Woord van God aan pasiënte en hul gesinne om hoop en bemoediging te bring.
- 11 410 pasiënte is gedurende die laaste jaar in die hospitaal besoek en ondersteun.
Engo Gestremdesorg
- Gee aan persone met gestremdhede ‘n lewensdoel, die gevoel dat hulle behoort en aanvaar word deur ‘n groep eendersdenkende mense.
- 42 Persone met gestremdhede word versorg en ondersteun deur twee Engo-sentrums vir persone met gestremdhede.