Die lente is ‘n tyd van nuwe hoop, nuwe begin en dankbaarheid – en Engo nooi die gemeenskap uit om saam hierdie seisoen op ‘n besonderse wyse te vier tydens die Lente Genadefees op Vrydag, 11 September 2026 by die Geloofsentrum in Bloemfontein.
Hierdie besondere aand word aangebied ten bate van Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum (Ons Kinderhuis) in Bloemfontein, waar daar tans 137 kinders versorg en ondersteun word. Die geleentheid val ook saam met Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum se 112de bestaansjaar, wat hierdie aand nóg meer betekenisvol maak.
Die aand begin om 18:30 vir 19:00 en beloof om besoekers met inspirerende musiek en ‘n hartlike atmosfeer te bederf. Kaartjies kos slegs R100 per persoon, wat dit ‘n bekostigbare geleentheid maak vir die hele gesin.
Geleentheidsbesonderhede
| Datum | Vrydag, 11 September 2026 |
|---|---|
| Tyd | 18:30 vir 19:00 |
| Plek | Geloofsentrum, Bloemfontein |
| Kaartjies | R100 per persoon |
Die kunstenaars
‘n Uitstekende groep kunstenaars sal die verhoog deel:
- Du Preez en Jana Stoltz
- Jaco Bezuidenhout
- Jannie Moolman
- Ella Kotze
- Ilse Fourie
- Levert Solomons
- Riaan Naude
- Die Unimus Orkes, onder leiding van Anton Esterhuyse
Die Lente Genadefees is nie net ‘n aand van uitstekende vermaak nie, maar ook ‘n geleentheid waar die gemeenskap saam ‘n verskil kan maak. Besoekers kan ook die snoepie geniet, waar ‘n verskeidenheid eet- en drinkgoed te koop sal wees. Deur ‘n kaartjie te koop, ondersteun besoekers die kinders van Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum en help hulle om hoop vir die toekoms te skep.
Kaartjies is beskikbaar by Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum in Victoriaweg, Bloemfontein, Engo se Provinsiale Kantoor en die Geloofsentrum. Kaartjies kan ook aanlyn via Engo se webwerf gekoop word.
Vir meer inligting of kaartjiebesprekings, kontak Engo se Provinsiale Kantoor by 051 407 7205, die Geloofsentrum by 081 828 9536, of Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum by 051 444 2938. Alternatiewelik kan ‘n e-pos gestuur word na ontvangs@vironskinders.org.za.

