PERSVERKLARING

Cruise for a Cause

Aug 12, 2026

Vir net R50 kan jy nie net ‘n verskil maak in die lewens van kwesbare mense in die Vrystaat nie, maar staan jy ook die kans om ‘n MSC-bootreis vir twee ter waarde van ongeveer R25 000 te wen.

Engo Vrystaat se Cruise for a Cause-fondsinsamelingsprojek duur tot 30 September 2026 en bied die publiek die geleentheid om deur ‘n minimale donasie deel te word van Engo se werk om kinders, gesinne, bejaardes en ander kwesbare persone regoor die provinsie te ondersteun.

Die wenprys sluit ‘n vierdag-MSC-bootreis vir twee (11–14 Desember 2026) in ‘n see-uitsigkajuit in. Wenners kan ook aansoek doen om die prys na ‘n ander MSC-bootreis binne die 2026/2027 Suid-Afrikaanse seisoen te verander, of na ‘n internasionale bootreis op te gradeer (onderhewig aan bepalings en moontlike bybetaling).

Wat die prys insluit

As deel van die prys ontvang die wenner ook ‘n Bon Voyage-pakket met:

  • Sjampanje, MSC-sjampanjeglase, canapés, vars vrugte en ‘n verwelkomingsbrief van die kaptein
  • Twee drankpakkette van die wenner se keuse
  • Toegang tot die eksklusiewe MSC Prive Lounge Experience
  • ‘n R3 000 reistoelae na en van Durban, plus R1 800 sakgeld
  • Kajuit-, diens- en hawefooie en versekering
  • Drie etes per dag, tee, koffie en water, vermaak, daaglikse aktiwiteite, toegang tot die nagklub en ‘n volledig toegeruste gimnasium aan boord

Belangrike datums

KaartjieprysR50 elk (minimum donasie)
Bootreisdatums11–14 Desember 2026
Sluitingsdatum30 September 2026
Wenner aangekondigTeen 23 Oktober 2026

Elke kaartjie wat gekoop word, help Engo om noodsaaklike dienste aan kinders, gesinne, bejaardes en ander kwesbare mense in die Vrystaat voort te sit. Deur ‘n kaartjie te koop, gee jy hoop aan iemand in nood, terwyl jy ook die kans staan om ‘n onvergeetlike vakansie te wen.

Kaartjies is beskikbaar teen R50 elk by die Engo Provinsiale Kantoor, enige Engo-subprogram wat aan die projek deelneem, of aanlyn via Engo se webwerf.

Koop vandag jou Cruise for a Cause-kaartjie en help om saam met Engo hoop te skep — elke donasie tel en maak ‘n verskil.