Jaco Jacobs het vir Engo ‘n spesiale boek geskryf, wat ons vir verskillende aanneemgesinne kan verskaf, om die proses vir almal te vergemaklik.

Die skrywer, Jaco Jacobs se tantieme uit die verkope word alles geskenk vir Engo, ‘n niewinsgewende, nieregeringsorgansie, wat maatskaplike hulp aan individue en gesinne verkaf, en onder meer betrokke is by die fasilitiering van Aannemings en hulp aan aanneemgesinne…

“Ons het gewens en gewens vir iemand net soos jy. ‘n Speiale iemand wat by ons kan kom bly” skryf Jaco Jacobs.

Hierdie spesiale prenteboek vertel op ‘n deernisvolle en prettige manier die storie van verskillende gesinne wat kinders aanneem. Dit is die perfekte wegspringplek vir ouers wat met kinders oor aanneming wil gesels, en dit help kinders om te verstaan dat elke gesin spesiaal is – al lyk hulle nie noodwendig dieselfde nie.


Notice: ob_end_flush(): failed to send buffer of zlib output compression (0) in /home/engoqsweb01/public_html/wp-includes/functions.php on line 5219