Engo is ‘n nie-winsgewende en nie-regeringswelsynsorganisasie wat hoofsaaklik in die

Vrystaat werk en versorging en berading bied aan kinders, gesinne, bejaardes,

gestremdes en pasiënte in nood

Wie is Engo?

 

Engo is formeel in 1967 gestig, alhoewel sommige dienste soos die Charlotte Theron Kinder- en Jeugsorgsentrum in Bethlehem in 1902 gestig is.  Engo bedien die gemeenskap reeds vir langer as 100 jaar.

Engo is die tweede grootste liefdadigheidsorganisasie van sy soort in Suid-Afrika en die grootste in die Vrystaat en doen ongelooflike werk in gemeenskappe onder alle rasse, kulture en ouderdomme. Engo is jaarliks betrokke in die lewens van ongeveer 200 000 mense.

Engo werk volgens spesifieke kernwaardes. Hierdie waardes is moed, uitnemendheid, eerlikheid, integriteit, sorg en empatie. Ons skep ewige hoop en het ‘n Christelike benadering en inslag in ons diens.  Ons streef daarna om ‘n verskil te maak in die lewens van mense.

Engo Produkte 

Raak Betrokke

 

Engo bied jaarliks ‘n groot verskeidenheid geleenthede aan om fondse te werf.  Hierdie is die ideale geleentheid om sigbaar by Engo betrokke te raak.

Van golfdae, damesoggende en sportgeleenthede tot manne-aande en skoonheidskompetisies, asook ons jaarlikse Vir Ons Kinders projek waar groot pryse te wen is.

Stuur ‘n epos na info@engo.co.za of skakel 060 548 5543 vir meer inligting oor uitstekende bemarkingsgeleenthede wat vir Engo en jou besigheid tot voordeel kan strek.

Kyk gerus ook na ons kalender van geleenthede en identifiseer self waar jy betrokke wil raak.

Word ‘n Vrywillige Werker

 

Engo is afhanklik van hulp van die gemeenskap.  Jou betrokkenheid kan ‘n groot verskil maak.  Indien jy bereid is om tyd aan ons te skenk, en by een van ons projekte of subprogramme betrokke te raak, voltooi asb die vorm op ons kontakbladsy en ons sal jou kontak.

Maak ‘n onvoorwaardelike donasie aan enige van ons subprogramme en ontvang ‘n Artikel 18 A sertifikaat vir jou bydrae, wat gebruik kan word vir belastingdoeleindes.